Ludolf & Carla Smit neem op Vrydag 20 Oktober 2017 om 18h00 deel aan die TV-werklikheidsreeks,“Kom Ons Braai”, VIA (DStv-kanaal 147).

En as jy nié saamstem met dié episode se uitkoms nie, stem gerus na afloop van die program op die VIA TV Facebook-bladsy vir die span wie jý dink moes gewen het – https://www.facebook.com/viatvsa/

Braai is sinoniem met kuier, lekker braaivleis en deesdae … wel televisie. Die gewilde TV-reeks “Kom Ons Braai”, is letterlik op talle Suid-Afrikaners se lippe. Kykers sit weekliks vasgenael voor die kassie en verkyk hul hoe braaibroodjies en aartappelslaai met ‘n “twist”, oftewel kinkel, opgedis word.

Wat ons nasie aan die gons het, is nié die vindingryke braaidisse nie, maar die venynige kommentaar wat deur mededeelnemers gelug word. Op die lug nogal…

Kom kyk gerus watter span word oor die kole gehaal en wie se punte word gerook …

Dit alles onder die dekmantel van werklikheidsTV.

Advertisements