Kom kyk saam op Vrydag 01 Desember 2017 om 18h00 hoe ons, ek Carla en my man Ludolf, deelneem aan die TV-werklikheidsreeks, “Kom Ons Braai”, VIA (DStv-kanaal 147).

En as jy verskil met dié episode se uitkoms, stem na afloop van die program op Facebook op die VIA TV bladsy vir die span wie jý dink moes gewen het en staan ‘n kans om R1000 te wen! https://www.facebook.com/viatvsa/

Ek dink nie my man het werklik besef waaroor die TV-reeks handel nie, maar siende dat ek gaande is oor al wat ‘n kompetisie is en hy ‘n meesterbraaier is , was ek taamlik vol selfvertroue oor ons vermoëns.

‘n Ellelange inskrywingsvorm het gevolg en ons moes ‘n tema, spyskaart en speletjie vaspen. Ons tema – ‘n Safari-ete.

Safari dui beide op ‘n maaltyd wat in opeenvolgende gange in verskillende plekke genuttig word, sowel as op ‘n beplande ekspedisie na ‘n bewaringsgebied om wild te besigtig.

Hoe wild sou ons nie in ons wildste drome kon raai nie… Maar meer daaroor later.

Kom ons Braai deelnemers

Advertisements